Meer oor ons
Montagu Bybelkerk Leierskap
Ons erken die bybelse beginsel van ’n meerderheid van ouderlinge wat die plaaslike kerk lei. Maar tot tyd en wel, dien Louis as enigste ouderling en pastoor.
Hy het in 2021 sy BTh in Teologie aan die South African Theological Seminary verwerf en is na ’n jaar as pastoor in opleiding georden in 2022. Hy is ook toe ingelyf as mede-pastoor van Lakeside Chapel in Bettysbaai. Louis het daarna ’n BTh Honneurs in Teologie in 2024 behaal.


Ons sentrale waardes
Liefde vir die Vader, Jesus en Heilige Gees. Alles wat ons doen moet dit weerspieël.
Die Bybel is God se openbaring van Hom en Sy wil aan ons. Ons wil God ken deur Sy Woord akkuraat te verstaan.
Daar is ongeveer 59 unieke “mekaar”-opdragte in die Nuwe Testament, wat handel oor Liefde & Eenheid, Versorging & Diens, Geestelike Groei, Nederigheid & Vergifnis. Ons wil hierdie saam uitleef.
Die Bybel gee vryheid in hoe mens kerk doen. Dit gaan oor God en mekaar, nie gebruike en tradisies nie.
Kerk is meer as ’n Sondag byeenkoms, dit is ’n leefwyse gefokus op Jesus.
‘n KORT Geskiedenis
Montagu Bybelkerk is splinternuut – dus moet dit maar ’n kort geskiedenis wees.
Ons - Louis, Liesl en Conor van Heerden (ons oudste, Aidan studeer in Centurion), het aan einde April van hierdie jaar (2025) na Montagu vanaf Bettysbaai getrek.
Gegee ons liefde vir die Here en Sy Woord, en met die gebede en ondersteuning van ons tuis kerk - Lakeside Chapel in Betties Baai, het ons gevoel dat die Here ons lei om ’n bediening te begin, waar die Woord van God sentraal staan, en waar die waarheid daarin, sonder terughou of verandering prontuit geproklameer sal word. Dit het toe gelei na die stigting van die Montagu Bybelkerk.

